WESKUSMYNE TOETS SA MYNBEDRYF IN HOF

HOFSAKE oor beweerde ongerymdhede by myne aan die Weskus gaan hopelik die chaos in die SA mynbedryf blootstel en lei tot ingrypende veranderinge in dié bedryf wat die afgelope paar jaar deur die Departement van Minerale Hulpbronne gekaap is.
 
Die Tormin-mynskandaal buite Vredendal is tans onder die loep in ‘n Hooggeregshofsaak wat gister in Kaapstad begin het. Die uitspraak in dié saak sal waarskynlik ook bepalend wees in die voortslepende regsaksie wat die Weskus Omgewingsbewaringsaksie (WOBA) teen die Elandsfontein/KROPZ-fosfaatmyn buite Hopefield van stapel gestuur het en waarvoor ‘n hofdatum nog bepaal moet word. Multi-miljardrand-bedrywighede by dié omstrede myn gaan desondanks onverpoosd voort en slegs ‘n uitstaande watergebruiklisensie weerhou die mynbase daarvan om aktief te begin myn – ondanks die kritieke droogte in die Wes-Kaap.

Lees meer hieronder:

 

MYNBOU

Groot hofsaak begin oor Weskusmyn
 

‘n Skermgreep van Tormin se webtuiste.

’n Omstrede Australiese mynmaatskappy met onwettige aktiwiteite by sy myn langs die Weskus wat tot groot omgewingskade gelei het, is Maandag die onderwerp van ’n regsgeding in die hooggeregshof in Kaapstad.

Sy mynbedrywighede by die Tormin-sandmyn 400 km van Kaapstad, naby Lutzville, het glo gelei tot ’n krans teen die see wat in Januarie 2015 ineengestort het.

Die kern van die dispuut gaan potensiële verreikende gevolge op regs- en omgewingsvlak vir die Suid-Afrikaanse mynbedryf hê.

Dit handel oor ’n nuwe omgewingsbestuurstelsel wat die regering in 2014 bekendgestel het wat die volle verantwoordelikheid vir die omgewingsbestuursprogram vir prospektering en myne na die departement van minerale hulpbronne oorgedra het.

Die sogenaamde “een omgewingstelsel” het Desember 2014 na meer as ’n dekade se binnegevegte in die regering in werking getree.

Dit is glo bedoel om doeltreffendheid te verbeter en rompslomp te verminder.

Die vorige stelsel is oor die algemeen as baie stadig en as ’n beslommernis beskou.

‘n Skermgreep van Tormin se webtuiste wat van sy bedrywighede langs die Weskus toon.

Baie in die mynbedryf glo egter om die departement van minerale hulpbronne vir die omgewingsake verantwoordelik te maak is om van wolf skaapwagter te maak.

Die departement is die afgelope twee jaar ernstige gekritiseer omdat hy nie sy verantwoordelikheid hieroor ernstige opneem nie.

Tormin is geleë op ’n ryk konsentrasie van sand wat minerale bevat soos sirkoon, ilmeniet, rutiel, magnetiet en granaat.

Die myn word deur Mineral Sands Resources (MSR) besit wat ’n filiaal van Mineral Commodities is wat in Australië genoteer is.

MSR is die maatskappy wat vir 13 jaar probeer het om minerale sand by Xolobeni teen die kus van Pondoland in die Transkei te myn.

In Julie 2016 is sy belang aan sy bemagtigingsvennoot verkoop.

Die mynbedrywighede langs die Weskus het in November 2013 begin hoewel mynregte reeds in 2008 toegeken is. Teen 2015 het die bedrywighede reeds 1,6 miljoen ton minerale sand geproduseer wat verkope van $46,2 miljoen meegebring het.

Die omgewingsowerhede van die nasionale en provinsiale departemente het gesê die ineenstorting van die krans is veroorsaak deur die onwettige verskuiwing en bedryf van twee van Tormin se myne op die strand.

Volgens die owerhede is dit een van ’n aantal oortredinge van sy mynregte en omgewingsbestuursprogram.

Na ’n aantal klagtes die afgelope twee jaar van individue en organisasies oor die myn se oortredinge het die departement van omgewingsake in September 2016 ’n klopjag op Tormin uitgevoer.

Die departement het onmiddellik daarna misdadige klagtes teen die myn oor vyf beweerde oortredinge geopen.

Die beweringe word deur die MSR ontken en die mynmaatskappy het nou ’n aansoek in die hooggeregshof gebring waarin aangevoer word die nasionale departement en die Wes-Kaapse departement het nie jurisdiksie om die omgewingsbestuursprogram op Tormin af te dwing nie.

‘n Skermgreep van Mining-Atlas wat toon waar die Tormin-myn geleë is.

Die MSR voer aan dit is omdat die “een omgewingstelsel” eksklusiewe wetstoepassing by Tormin aan die departement van minerale sake gegee het.

Die MSR wil onder meer hê:

1. Die besluit van Vredendal se landdros Cyril Kroutz moet ter syde gestel word om die lasbrief vir die klopjag van 28 September 2016 uit te reik en dat die lasbrief ongeldig verklaar word.

2. Die MSR vra ook die hof om die departement te beveel om alle dokumente waarop beslag gelê is in die bedrywighede terug te gee en alle notas en opnames wat in die soektog gedoen is te vernietig.

3. Boonop vra die MSR vir ’n verklarende bevel dat weens die toepassing van die “een bestuurstelsel” nie die nasionale of Wes-Kaapse ministers van omgewing of hul departemente die mag het om wetstoepassing kragtens die Nasionale Omgewingsbestuurswet uit te voer nie.

Die hofsaak gaan groot belangstelling lok onder regslui en omgewingsaktiviste.

Aktivisregslui van die Sentrum vir Omgewingsregte (SER) is van die waarnemers in die hof.

Die SER is van die partye wat klagtes teen Tormin ingedien het oor sy beweerde omgewingsoortredinge. –

Fin24

http://www.netwerk24.com/Sake/Mynbou/groot-hofsaak-begin-oor-weskusmyn-20170220

Lees ook:

http://mg.co.za/article/2016-11-17-mining-companies-spat-with-government-deepens-over-revised-charter

Mining companies’ spat with government deepens over revised charter

Mining accounted for about 8% of South Africa’s economy in 2015 and about half of the country’s exports, employing some 462 000 people, according to industry figures. (Gallo)
Mining accounted for about 8% of South Africa’s economy in 2015 and about half of the country’s exports, employing some 462 000 people, according to industry figures. (Gallo)

Mining companies warned of “dire consequences” for the industry if a revised mining charter is implemented next month as planned, deepening a long-running spat with the government.

Proposed new taxes on company revenue to fund the Mining Transformation and Development Agency would place additional burdens on producers that lost a combined R37-billion ($2.6-billion) last year, the Chamber of Mines said on Thursday in an emailed statement. Anglo American and Glencore are among members of the lobby group which said it was consulted only briefly and is concerned about what may be in the new charter.

Targets in the document may be ill-considered or unachievable, said Roger Baxter, the group’s chief executive officer.

“Its implementation in its current form will have dire consequences for the mining industry and the entire South African economy at a time when both are facing significant challenges,” he said in the statement.

Mining, which employs some 462 000 people, accounted for about 8% of South Africa’s economy in 2015 and about half of the country’s exports, according to industry figures. The government wants to introduce policies that will speed a fairer distribution of benefits from the nation’s mineral wealth, skewed toward the white minority under apartheid.

The department of mineral resources said Wednesday it plans to finalise the charter next month having made “substantive changes” since the draft it published in April and going through a “thorough consultation process”. The industry lobby group called for urgent discussions.

Among the department’s objectives is to increase black ownership of mining companies and it proposed in April that mines must retain a minimum of 26% black ownership, even if that initial group of investors later sells out. Mining executives have said this will lead to existing investors’ shareholdings being continually diluted.

Court dispute
The chamber took the department to court earlier this year, arguing that previous black economic empowerment deals should still apply even after shares had been sold. The parties are progressing toward an out-of-court settlement on this issue, the department said on Wednesday. The chamber has said it will consider reviving the case if necessary.

The proposed taxes will be overseen by the transformation agency, which would use the funds for skills development and to assist local suppliers, the department said. Foreign suppliers would be charged a 1% levy on revenue.

The chamber said it’s concerned about the agency’s “purpose, cost and oversight” and that its creation would divert funding from skills and education programmes the companies have in place. The lobby group instead proposed a 2% tax on profits.

The department has also increased appointment targets for historically disadvantaged South Africans in companies which, while desirable, are in some aspects “currently unachievable”, the mining lobby group said.

The draft charter calls for black people to hold a minimum of 50% of seats on company boards, with 20% required to be black females, the department said in a presentation on Wednesday. Senior management should consist of at least 60% of black employees, also with 20% being black females. The proportion should be higher at middle and junior management levels. – Bloomberg

Also read our previous articles on the Tormin mine:

MOORD EN DOODSLAG IN SA MYNBEDRYF MAAK ALMAL MYNSKU . . .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *