Elsa Wessels
Sy eerste Anatoliese herdershond, Nero, het eiehandig ‘n skaapdief en sy vonds aangekeer wat kortpad deur sy plaas wou kies, maar ‘n volgende hond was onopleibaar en het weer onder haar eie skaaptrop ingeklim wat sy moes oppas. “Geen twee honde is dieselfde nie. As jy nie bereid is om minstens die eerste twee jaar baie tyd en aandag aan ‘n jong hondjie te bestee om hom behoorlik op te lei en te leer nie, is die Turkse Anatoliese herdershonde nie vir jou nie.”

Só gesels Timm Miller, ‘n bekroonde bewaringsboer wat al sedert 1998 op die plaas Aruab in die bergagtige Helmeringhausen-area boer met Swakara- en ander skape, beeste en boerbokke. Timm en sy vrou Inéz was ook die eerste boere in dié omgewing wat destyds ‘n Anatoliese herdershondjie aangeskaf het as deel van die Cheetah Conservation Fund (CFF) se waghondprogram om veeverliese weens roofdiere op ‘n volhoubare en bewaringsbewuste manier te bekamp. Benewens droogte is veeverlies weens diefstal en roofdiere die grootste finansiële bedreiging vir Namibiese boere. Die CCF het juis dié waghondprogram in 1994 begin as ‘n moontlike oplossing vir die mens/roofdier-konflik op plase wat die voortbestaan van beskermde roofdiere soos jagluiperds bedreig sodat veeboere en roofdiere uiteindelik volhoubaar saam kan lewe. (Lees meer in kassie onderaan).

Dis veral hul sterk waghondinstinkte en groot, gespierde liggaamsbou wat selfs bere en luipers afskrik, wat Anatoliese herdershonde uiters geskik maak as kudde-wagters vir veeboere in Namibië se eiesoortige landskap. Oorspronklik van die Anatolia-omgewing in Turkye is dié honderas ook bekend vir hul spoed en uithouvermoë om in verskillende gebiede en omstandighede te oorleef en te werk. Die CCF het reeds 725 van dié honde op plase en kleinhoewes in Namibië uitgeplaas, waarvan 189 nog leef terwyl die res weens ouderdom, slangbyt en ander ongelukkige voorvalle dood is.
Timm het al in 2003 die CCF se Bewaringsboer van die Jaar-toekenning met die gemeenskapsboer Petrina Hîkas van Khorixas gedeel vir die voorbeeld wat hulle stel om volhoubaar met roofdiere te lewe. In 2012 is Timm en Inéz ook bekroon as die organisasie Conservation CATalyst se Bewaringsboer van die Jaar.
Timm gebruik geen gif op sy plaas nie en net in uitsonderlike gevalle ‘n “padded” slagyster. Hy het landbou gestudeer met soölogie, dierefisiologie en natuurbewaring as hoofvakke en glo vas aan bewaringsboerdery wat nie ekologiese wanbalanse veroorsaak nie. Die bobbejaan- en jakkalsplae in sy bergagtige omgewing het hom egter vroeg al gedwing om buite die boks te dink. Die sukses wat hy met Nero, sy eerste Anatoliese herdershond gehad het wat hy destyds vir ‘n donasie by die CCF gekry het, het hom so beïndruk dat hy ná Nero se dood al tien van dié honde aangeskaf het.

“Nero was baie aggressief en doeltreffend. Ek het nie ‘n enkele bok uit sy trop verloor in sy leeftyd nie. Hy het minstens 26 bobbejane en ek weet nie hoeveel jakkalse vankant gemaak nie. Hy het selfs ‘n pofadderbyt oorleef en tot die skaapwagter wat saam het hom gewerk het, was lugtig vir hom. Nero is op 14 jaar aan ouderdom dood. Die ras word nie baie oud nie – dis ‘n harde lewe omdat hulle groot honde is wat permanent buite saam met die veekuddes bly en groot afstande aflê. Slange en skerpioene eis ook baie honde se lewens.”

Timm waarsku die grootste fout wat mense kan maak, is om dié hondjies soos troeteldiere te behandel om ‘n menslike band te vorm. “Hulle is pragtig en oulik en dis normaal dat ‘n mens hulle wil troetel, maar hulle moet van kleinsaf ‘n band met die veekuddes vorm wat hulle moet oppas. Hulle word op agt weke al saam met die trop in ‘n kamp gesit en dié trop is voortaan hul ‘tribe’ of familie wat hulle moet beskerm en ‘n band mee moet vorm.”
“Soos met kinders, is die eerste twee jaar se aandag en opleiding van kritieke belang. Alle jong hondjies is spelerig en stout. Dié ras se beskermende waghondinstink moet van die begin af deurlopend gelei en bestuur word. Mense moet dié honderas as ‘n belegging beskou – as jy hulle in die eerste twee jaar intensief en behoorlik oplei oor wat hulle moet doen en watter diere hulle moet uitlos, het jy vir die volgende tien jaar ‘n wonderlike waghond wat veeverlies tot die minimum kan beperk.”

Dis ook nie altyd so maklik nie. Alle honde se geaardhede en temperament verskil en party is meer opleibaar as ander. Timm moes al self een van die CCV se honde terugneem wat ná intensiewe opleiding steeds onder sy eie skaaptrop ingevaar het. Hy moes oplaas bes gee en dié hond as “onopleibaar” laat vaar. Van die vier Anatoliese herdershonde wat hulle tans op die plaas het, is drie volbloed-kuddewaghonde (Impi, Dusty en Leo) en ‘n vierde (Luna) die gesinshond omdat sy van jongsaf eerder met mense as vee vereenselwig het. Hy en Inéz het voltydse skaapwagters op die plaas wat die waghonde deurlopend dophou om te kyk dat hulle nie verkeerde gewoontes aanleer en onskadelike wild soos steenbokkies, koedoes, bakoorjakkalsies of springbokke aanval of verjaag nie.

“Elke plaasopset en omgewing verskil en wat vir my werk, gaan nie noodwendig vir ‘n ander boer in ‘n ander omgewing werk nie. Die geheim is deeglike opleiding en deurlopende toesig sodat elke waghond voltyds by sy trop bly en snags in die kamp by hulle slaap. As die vee los in die veld rondloop, kan die hond nie oral gelyk wees nie en word hy verward. Dit verg toewyding en geduld om ‘n Anatoliese herdershond op te lei en aan te hou. Daar is kleiner honderasse met dieselfde beskermende waghondinstinkte wat in baie gevalle dieselfde werk ewe goed kan verrig, soos bv. die inheemse Africanis-ras.”

Oor kritiek dat die Anatoliese herdershonde meer skade as goed doen deur jagluiperds, jakkalse en ongeteikende wild voor die voet uit te wis, meen Timm dis weer ‘n geval van opleiding en toesig van jongsaf. “Die honde se instink is om te beskerm en bedreiging af te weer. As hul geblaf en grootte nie ‘n jakkals, bobbejaan of luiperd afskrik nie, sal hulle aanval om die trop te beskerm. Gewoonlik is hul geblaf en intimiderende grootte genoeg om die meeste roofdiere weg te hou. Hulle merk ook hul gebied sodat roofdiere vinnig leer om ‘n afstand te hou. Dis die boer en skaapwagter se taak om die hondjie uit die staanspoor te leer watter onskadelike diere om uit te los en hul jaginstink te onderdruk.”

Dis juis om dié rouvleis-lus te onderdruk wat jaginstink kan aanwakker, dat Timm sy honde net gekookte vleis en bene voer saam met die gewone hondekos. “Hulle eet baie – ek koop gemiddeld 40 kg hondekos vir elke hond per maand.”
Hoewel Timm nie graag met sy Anatoliese herdershonde teel nie, sal hy dit periodiek doen op spesieke bestelling vir boere en soms in samewerking met die CCF. Al die CCF-hondjies word op nege weke ingeënt en gesteriliseer of gekastreer om die hormoonskommelinge wat later afwykende rondlopergedrag veroorsaak, uit te skakel. Timm plaas die jong hondjies tussen 7 en 8 weke ouderdom uit na hul nuwe eienaars en hul spesifieke kuddes. Hulle het dan reeds die eerste inentings ontvang. Hy beveel sterk aan dat die honde op die vroegste ouderdom, soos deur ‘n veearts aanbeveel, gesteriliseer of gekastreer word. Timm is ook altyd beskikbaar om raad en wenke te deel.

“Anatoliese herdershonde is nie noodwendig vir almal ‘n oplossing nie. Hulle is groot honde wat baie aggressief kan wees, vinnig warm kry en baie blaf. As jy nie bereid is om 100% in te sit om minstens die eerste twee jaar baie aandag en opleiding aan hulle te gee nie, moet jy dit los. In die regte hande en omstandighede is hulle egter ‘n uitstekende langtermyn-belegging wat veeverlies tot die minimum beperk. ”
*Cheetah Conservation Fund Livestock Guarding Dog Programme:
The Anatolian Shepherd is bred by CCF and distributed to farmers experiencing predator problems. One of the reasons the Anatolian was selected by CCF is the dog’s large size, allowing it to stand up to leopard and cheetah.
Guarding dogs have been used successfully in the Old World for thousands of years to protect livestock from predators. The research CCF has been conducting with Namibian farmers has shown that farmers who put the effort into the dogs training for the first year are rewarded with a successful guardian. Although these dogs’ are bred specifically to guard livestock, proper training and integration are critical to the dogs’ success.
Guard dogs are raised from eight weeks of age with the species they are to protect for their lifetime. This means if the dog is raised with goats it should not be moved to sheep as an adult. It is important to understand the guarding dog concept in order to understand the behaviour of a guarding dog. A guarding dog is different from a herding dog. A herding dog stays with the flock and moves the flock. A guarding dog will not move or “herd” the flock, but will go where it goes and confront a predator through loud barking and standing its ground. If the predator persists, the dog will attack to protect the flock.
If you wish to use a guard dog other than the Anatolian, various breeds or mongrels will also work and guard as well, as long as they show “guarding traits” and not herding traits. A guard dog should be of a size large enough to stand up to large predators and brave enough to place itself between a potential threat and the livestock. It should be placed with its herd or flock at eight weeks of age in order to bond with the livestock. The dog should be familiarised with a collar and lead trained, though any human contact should preferably take place in the kraal and around the livestock.
In addition, the lambs the dog grows up with will be the ones it bonds most strongly to, as adult sheep don’t always seem to accept a dog they didn’t grow up with. For this reason, during the day when the adult sheep go to veld, a new puppy should be allowed as much time with the lambs as possible. In this way they bond and when the lambs start going to veld the dog is willing to go along. At night when the adult sheep return, the puppy should be put in an enclosure inside the kraal so that sheep are all around, but the adult ewes cannot attack the puppy. Once the dog is old enough to avoid being butted by the adult sheep and has had enough time to form a close bond with the lambs, the enclosure is no longer necessary.
Catching and removing cheetahs and other predators, either through shooting or relocating them, provides short-term relief and is not a long-term solution as these animals will be replaced by others. Namibia has the largest remaining free-ranging population of cheetah in the world. When dealing with predator problems it is important to accept these predators will be around for some time to come (at least in Namibia), and that livestock management techniques adapted to their presence will ultimately prove the most successful.
We have placed 725 Dogs since the programme started about 30 years ago. Of those 189 are alive, the rest having died of old age, snakebite and other accidents.
Provided for the farmer
- Vaccination and sterilization at nine weeks
- Deworming
- Transpondering (identification microchip)