Elandsbaai beleef vroeë, maar beste blomseisoen in dekades danksy goeie reën

Selfs geharde Elandsbaaiers sê hulle het baie jare laas die blomme soos vanjaar gesien – vroeē reën met sterk opvolgbuie en sonskyn tussenin het die hele landskap in ‘n ongelooflike tapisserie van kleur omskep. Elke riviertjie, bergstroom of vleiland wat jare lank kurkdroog was, is vol en beur moedig see toe . . .

Die blomme pryk oral waar gewoonlik net sand en rots is – ook langs die Sishen-spoorlyn waar wrakstukke van trein-vraghouers rondlê wat blykbaar nie meer opgeruim word nie.

Kom KYK voor die blomme verwelk, want SO gaan jy Elandsbaai nie gou weer sien nie . . . !

Meer foto’s op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/weskus123/posts/pfbid03pQuccM4aWVFMQgNhbvov4JfbL3nTnGjqgK8C72g6xS2W9QcHpaqfkyvsaXAR4ivl

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *